Profes(s)ie

DSC01645

ingehok, uitgedos, stu jy soggens voort

na jou betonpondok van melk en heuning,

oë genaal op die enkelbaan van jou bestaan.

gekokon agter jou tralies op wiele

wil ek aan jou vat. wil ek aan jou vat?

nee…

jy is nie mens gewoond.

groot is jou skuur en naby jou skade

want die pad na die Poort is nou en die tolhek duur.

dis mos maar die kruis wat ons dra, sê jy:

eersterat, tweederat, derderat…

dood.

skaap-jý, tropdier:

mag jy rykdom vind op hierdie hoofweg

na nêrens

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s