Ek het eers onlangs besef ek is kommin

Ek het eers onlangs besef ek is kommin. Vir party mense kom die openbaring reeds vroeg in hul lewe. As jy jou in die voorste ry van ’n Steve Hofmeyr Toeka-tot-Nou-konsert bevind, as jy kaalvoet in die mall loop of as jy maak asof jy verjaar sodat jy ’n gratis roomys by Spur kan kry. … Continue reading Ek het eers onlangs besef ek is kommin

Dis nie sweet nie…dis trane!

So paar maande gelede nooi ’n jong, hubare man my op ’n draf-uitstappie. Ek vergewe hom die oordeelsfout. Hy ken my nog nie so lank nie. Ek trek my gesig soos een wat sopas uitgevind het hy het twee kinders by drie vroue. Nietemin gee ek hom ’n kans want hy is nogal snaaks, sy … Continue reading Dis nie sweet nie…dis trane!

Verkeersdepartement, mag ek maar vent?

  Ek staar onlangs in afgryse na my lisensiefoto. Ek gaan nou beslis nie gevra word om Calvin Klein se nuutste onderklerereeks te modelleer nie. Ek was baie passief op 18. Die foto weerspieël dit. Met ’n skok sien ek dat my lisensie reeds ’n maand gelede verval het. Nadat ek al herahaaldelik in noodsituasies … Continue reading Verkeersdepartement, mag ek maar vent?